Die Mazda RX-8 is 'n sportmotor wat vervaardig was deur die motormaatskappy Mazda. Die voertuig het 'n 250 perdekrag RENESIS Wankelenjin, wat die toekennings vir Internasionale Enjin van die Jaar en Beste nuwe Enjin in 2003 verwerf het. Die enjin se rooilyn begin op 9000 rpm en die brandstoftoevoer word afgesny teen 9500 rpm. Tot en met 31 Maart 2005 is 114 444 Mazda RX-8 modelle wêreldwyd verkoop. Dit het die eerste keer verskyn in 2001 by die Noord-Amerikaanse Internasionale Motorskou. Dit is die opvolger van die RX-7 en, soos sy voorgangers in die RX-reeks, is dit aangedryf deur 'n Wankelenjin. Mazda het op 23 Augustus 2011 aangekondig dat produksie van die RX-8 gestaak sou word met die 2011-model as die laaste model op die produksielyn. Die RX-8 is verwyder van die Europese mark in 2010 nadat die motor nie aan Mazda se hoë standaarde kon voldoen nie. Sonder die volumeverkope van Europa, tesame met die stygende prys van die Japannese jen, kon Mazda egter nie die voortgesette verkoop van die RX-8 in ander markte regverdig nie.
Developed by StudentB